Geverifieerde Resensie
Fouriesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fouriesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 556 resensies.
"Heerlike skoon lug en pragtige berge. Die dorp is stil, skoon en sentraal geleë om al die besienswaardighede in die omgewing te besoek."
"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
"Mooiste plek, omgewing is asemrowend en die mense baie behulpsaam en vriendelik. Het ook baie veilig gevoel. "
"Glad nie plat soos ons die Vrystaat ken nie. Asemrowende uitsigte."
"Pleasant drive and manageable distance from Johannesburg. We enjoyed wandering around, looking at the sites and everyone was helpful and friendly. I preferred the atmosphere to the busier and more commercially orientated Clarens and would definitely consider coming back."
"Een van my gunsteling Oos-Vrystaat bestemmings - baie minder "touristy" as Clarens."
"Windmill restaurant is beslis 'n besoek werd, die kos en bediening is van uitstaande gehalte."
"Gaan probeer Plaasstoep restaurant, Ginger Pig en Fouriesburg Country Inn. Uitstekende vriendelike dorp."
"Baie klein, plat dorpie, daar is wel 'n paar oulike restaurante en koffieplekkies. Baie rustig."
"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
"Pragtige klein geskiedkundige dorpie. Moet nooit hierdie klein dorpies onderskat nie. Soveel geskiedenis en gasvryheid. Pragtige natuurskoon in die omgewing. Prysloos."
"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
"Kan Die Plaasstoep aanbeveel vir etes, lekker boerekos. The Windmill Pub & Grill se pizza is ongelooflik lekker maar diens was traag. Algemeen vind ek Fouriesburg baie basies met min opsies maar dis is dat waarvoor 'n mens uit die stad wil ontsnap. Die dorpie is baie netjies. "