Geverifieerde Resensie
Franschhoek
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Franschhoek bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 447 resensies.
"Can be very hot and humid. Lots of flies from horses. But very beautiful area."
"Pragtige dorp met baie besienswaardighede en verskeidenheid van restaurante, wynplase ens."
"Wat 'n ongelooflike mooi dorpie!! En die omgewing is asemrowend! Ek sal vandag soontoe trek!"
"Die Wine Tram is 'n absolute wonderlike idee en word uitstekend aangebied. Veral omdat jy maklik binne loopafstand van die terminus kan verblyf kry. Vele goeie restaurante om van te kies. Vele nabygeleë goeie wynplase om te besoek. Babylonstoren is 'n absolute moet om te besoek. 'n Belewenis! Ons het die Franschhoek Motormuseum ook baie geniet."
"Daar is 'n paar Juwele in Franschhoek soos Dieu Donne wynplaas, maar ek sal eerder meer tyd in Stellenbosch of die Paarl spandeer en eerder een dag Franschhoek besoek en slaap."
"Baie besige toerisme dorpie. Mooi klein winkels en die lekkerste eetplekke. Parkering net 'n groot probleem."
"Beslis 'n dorp wat deur elke reisiger besoek moet word. Wonderlike kuns, kos en wyn in absoluut pragtige natuurskoon."
"Beautiful, clean town with excellent restaurants, stunning wine farms, beautiful mountains, nature trails and views."
"So baie dinge om te doen in 'n klein radius! Wynproe, MCC-drink, wonderlike restaurante, mooi natuurskoon en lekker naweekmarkie!"
"Dit bly maar 'n plek wat op jou "bucket list" moet wees. Die wyn-trêm moet jy doen, anders was jy nie daar nie. Restaurante orals en die streek se wyn is puik en ek kon nie by almal uitkom nie, dus is dit 'n rede om weer te gaan."
"Lifelike dorp (het daar groot geword) so was lekker om te sien hoe dit verander het. "
"Stunning area with regard to nature's beauty, and in the heart of the wine route."
"Lekker dorpie, baie om te doen en te sien. Die wynplase en bier brouerye is heerlik om by te kuier. Die dorpie het baie interesante besienswaardighede."
"Pragtige dorp met die mooiste tuine en goeie restaurante. Aangenaam verras met die Hugenote Museum en dankbaar dat die instansie so insiggewend is en pragtig bewaar en onderhou word."
"Daar is 'n paar oulike plekke om te besoek wat ook baie bekostigbaar is, maar daar is ook 'n paar plekke wat duidelik meer gemik is om die buitelandse toeriste. Franschhoek is pragtig verby en beslis 'n juweel in die Wes-Kaap."