Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1317 resensies.
"Infrastruktuur het totaal agteruit gegaan. Pad is afgryslik met reuse gate. HEEERLIKE restaurant by vulstasie, eienaar is Hentie: vriendelikste diens, heerlike kos en perfekte gesellige samesyn met die plaaslike inwoners. Mense is vriendelik en die dam is pragtig, indien die dam en oord vol is en daar mense kuier kan dit 'n gesellige plattelandse wegbreek wees."
"Ek dink daar is baie om te doen in die omgewing. Norvalspont/konsentrasiekamp se kerkhof, eenbaanbrûe by die dam self en by Norvalspont is baie om te sien. Venterstad bied ook n wye verskeidenheid en vir Bethulie het mens 'n hele dag nodig!"
"Dis 'n ongelooflike natuurskoon. Rustig maar dink as jy 'n boot het gaan jy lekker kan baljaar vir 'n hele paar weke. Dorpie se mense is ook baie vriendelik."
"Nie ons smaak nie, maar dit is pragtig. Ons het net oornag terug van die Kaap toer af en was baie moeg."
"Baie lekker gebly. Sal weer so maak. Alles was baie skoon en ons het alles gehad wat ons moontlik nodig kon kry."
"Ons is beïndruk met die konstruksie van die damwal. Hartseer om te sien hoe vandale ook hier die oorhand kry! Geen tekens dat enigiets herstel word nie."
"Baie waardevol vir toerismebedryf en kan gerus meer adverteer as vakansiebestemming of as oorslaapbestemming op vakansiereise."
"Ons wou die natuurreservate besoek, maar almal was toe gewees vir een of ander rede. Al wat ons kon sien was die damwal en dorpie. Daar is nie veel anders om te doen nie, die oord en bote was ook toe gewees."
"As jy by die ATKV-oord bespreek kan jy langer kuier. Andersins is 'n dag besoek goed genoeg."