Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1317 resensies.
"Winkeltjies is beskikbaar in die omgewing en die feit dat jy tyd by die damwal kan spandeer maak dit nog meer 'n rede om te besoek. Volgende keer wil ek bel om 'n damwal toer te reël."
"Ons was bevoorreg om tuis te gaan gedurende die einde van Maart toe dit bitterstil was. Ons sou nie wou vakansie hou gedurende n skoolvakansie want dit sal beslis baie besig wees. Gariepdam is pragtig, netjies en ingestel op kliëntediens. Sal beslis aanbeveel. Dit was ons eerste besoek aan die Gariep. "
"Grew up there in my young day, fond memories. Town clean, people friendly, restaurants affordable."
"Baie interessant! Ek het nie geweet dis die grootste dam in ons land nie. Om die damwal, sluise en al die geboue wat die proses moet bewerk. Ek sal graag tyd wil maak om oor die wal te stap en ook onder in die tonnel. Sal in die vervolg dit reel en tyd maak daarvoor! "
"Dit is 'n baie mooi dam en die omgewing rondom die dam is skoon, selfs die dorpie daar. 'n Moet vir toeriste is om die damwal te besoek en 'n toer mee te maak. Dit is so interessant en 'n belewenis om onder in die damwal te gaan. 'n Mens besef nie wat die bou en alles van die dam behels as jy maar net daar verbyry nie. Maak 'n punt om die damwal self te besoek."
"Lovely views over the dam, although the level of the dam is extremely low due to the drought. "
"Ons het nie eerstehandse ondervinding nie, maar dis mooi en die Bistro by die oord was uitstekend. Goeie waarde vir geld!"
"De Stijl hotel (ons't by die restaurant gaan eet) was so indrukwekkend en ons het die aand vreeslik geniet! Die uitsig van die damwal is ook asemrowend en beslis die besoek werd."