Geverifieerde Resensie
Garies
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garies bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 9 resensies.
"Garies is 'n pratige dorpie met die vriendelikste inwoners omring met die mooiste natuurskoon."
"Hulle kan gerus iets doen aan die slaggate - mielies plant of iets waardevol of die goed toemaak - ons plattelandse dorpe gaan darem erg agteruit."
"Garies bied nie veel in terme van toerisme nie, behalwe miskien in blommetyd. Wees voorbereid dat jy nie sommer by 'n restaurant kan instap vir aandete nie. Myns insiens, gaan jy Garies toe, want jy het 'n bepaalde rede om te gaan; of om net 'n nag op reis oor te bly."