Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5186 resensies.
"Mens hoef nie ure te ry om die Kruger Wildtuin te besoek nie. Ek beveel Dinokeng ten sterkte aan vir enige iemand wat wil wegbreek en net weer die natuur te kan waardeer."
"Die personeel by die hekke en Camp Discovery was ongelooflik vriendelik en behulpsaam."
"Gerieflik en veilig, met baie eetplekke in die nabyheid. Ek kan definitief Linden aanbeveel."
"Suid-Kensington is 'n goeie verblyfplek vir mense wat in Johannesburg se sentrale sakegebied moet kom. Jy ry in ligte verkeer, beide soggens en saans. Die swaar verkeer is in die teenoorgestelde rigting. Die woonbuurt word baie goed deur hoofweë bedien."
"Baie mooi plek, en lekker naby, ek is net nie seker oor die sekuriteit naby die hek nie, maar ons was ver in en het ook die leeus as wagte. "
"Ons is gemaklik met die dorp. Springs is baie sentraal geleë tussen al die omliggende dorpies. "
"Daar is heelwat besienswaardighede en geskiedkundige plekke om te besoek. Beslis die moeite werd."
"What I love about Mayville is shops, hospitals and parks are closer just a walking distance."
"Nie veel om te doen nie veral vir jong mense. Jy moet baie meer geld as normaal vat om iets te kan doen."
"Daar is baie deftige eetplekke en lodges, maar nie regtig veel meer as dit nie. Black Horse brewery is 'n pragtige plek om by te gaan eet."
"Pretoria-Oos is volgens my nie regtig 'n groot toeriste bestemming nie maar is baie maklik binne bereik met baie goeie paaie. Ek verkies om die deel as basis te gebruik om ander plekke te besoek."
"Kempton Park bied nie veel vir n toeris nie. Maar jy kan baie plekke besoek as jy n kar het en so 45 min kan ry."
"Sal graag wynglase in die kamer wil hê. Die vertrek is gedurende die aand nog lig, weet nie of dit dalk te veel buiteligte is wat nie afgeskakel is nie, miskien kan 'n gordyn by die deur dalk help."