Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1706 resensies.
"Baie rustige plek met vriendelike mense. Wat my opval is die skoonheid van die strand."
"Die Beans & Basil winkel in Heroldsbaai is goed toegerus en die personeel vriendelik. Ek kan definitief die kerriemaalvleisvetkoeke en Hawaiian-pizza aanbeveel. Dutton's Cove restaurant in Heroldsbaai het pragtige uitsigte en heerlike kos. Die kaggel binne skep 'n gesellige atmosfeer. Ek kan definitief die waatlemoenmelkskommel, calamari en pavlova (lekkerste wat ek nog ooit gehad het) aanbeveel."
"'n Pragtige plekkie. Ondanks die feit dat die dorp groot en uitgebreid is, het jy in die onderdorp geen las daarvan nie. Wel goed om te weet dat jy vir groot inkopies doen in George moet wees."
"Fantastiese dorpie. Net jammer daar is heelwat bouwerk aan die gang. Lieflike see en strand. "
"Besige area met redelik baie verkeer in die straat. Gemengde besighede in die straat. Nie ideale gastehuis-omgewing."
"Dit was redelik maklik om die plek te kry. Die area is baie rustig, skoon en vriendelike warm mense."
"Die omgewing is mooi, netjies en skoon, en naby al die belangrike restaurante, winkels, ens."