Geverifieerde Resensie
George's Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George's Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 32 resensies.
"Die besienswaardighede soos bv. die tuine was nie toeganklik nie en geen kennisgewings vanaf die hoofpad nie. "
"Haenertsburg and Magoebaskloof is awesome. Just sorry for the water levels in Ebenezer and Tzaneen's dams. "
"Die vallei is baie mooi en die plekke is goed voorberei vir toeriste veral tydens die Bessiefees."
"Een van die mooiste valleie wat ons gesien het. Die natuurskoon daar is ongelooflik. As jy 'n natuurmens is, is dit die plek vir jou."
"Baie mooi groen berge al was daar min reën en droogte. Die berge en gras waarop jy kamp is oral groen en apies gee geen probleme nie. Baie, baie mooi natuur."
"Dis 'n lieflike omgewing waar ons enige tyd vakansie sal hou of wegbreek vir 'n naweek."
"Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!"
"Loer gerus in by Haenertsburg op pad George's Valley toe. Na Heanertsburg kry 'n mens ook eers die Debengeni-watervalle. Pasop wel vir bloedsuiers in die water! Hulle is baie klein en daar is baie van hulle! Sies!"
"Baie goed maar ek dink daar sal 'n paar addisionele vermaaklikhede bygevoeg moet word."