Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Graaff Reinet is gevul met kultuur en geskiedenis. Gaan eet gerus by Pioneers aandete. Was heerlik. "
"Very nice restaurants in town. Close to Camdeboo National Park where you should really visit the Valley of Desolation and do the game drive."
"Pragtige dorp, 'n moet vir reisigers wat in die rigting gaan. Die hoofstraat kan dalk misleidend wees, besoek die dorp deur oor te bly en beleef al die mooi dinge."
"Mooi plek, vriendelike mense. Verlief op die geelhoutbome, mooi huisies en veral die mooi kerk. Veel meer om te doen as wat eerste indrukke skep wanneer mens die dorp binnekom."
"Baie mooi dorp, die moeite werd om bietjie daar deur te ry of dalk oor te slaap."
"Pragtig netjiese dorp om op trots te wees. Baie om te sien, vriendelike inwoners! "
"Baie mooi en rustig. Ons het dadelik tuis gevoel en ons beslis 'n stukkie van die Karoo herinneringe by ons teruggebring! Ervaring was aangenaam en die dorp is besonders mooi. Het ons verstom aan die mooi en baie kerke op die dorp."
"Pragtige dorp terwyl Vallei van Verlatenheid die dam en die dorp uitstekende fietsry/stap geleenthede bied. Inligting oor dorp dws begraafplase/skole en museums het ek nie by gastehuis gekry nie maar glo dit is beskikbaar by infosentrum. Ek dink dit kan beter bemark word as oornag/toeriste bestemming waar mense meer as een nag moet slaap!"
"Graaff Reinet is goeie toeriste bestemming en verdien meer as net een dag. Marino slaghuis se droëwors kan nie gewen word so ver ons al geëet het nie."
"Sal nie sommer weer daar gaan bly nie. Maar het wel by die wonderlikste restaurant gaan eet, genaamd POLKA. Dit was 'n heerlike ervaring!"
"Pionier Restaurant het heerlike kos met puik diens. Pryse is heel bekostigbaar. Goeie verskydenheid wyn."
"Was baie teleurstellend dat daar slegs 3 restaurante oop was waarvan slegs een plaaslik was. Was nietemin 'n pragtige bestemming. "
"Baie om te doen en twee dae was nie genoeg nie. Onthou om plek te bespreek vir ete by 'n restaurant - veral oor Desember. Anders kry jy nie plek om aandete te geniet nie!"