Geverifieerde Resensie
Greater Addo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greater Addo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 229 resensies.
"Sondagsriviervallei het my baie beïndruk en laat mens wonder hoe het dit in die ou jare gelyk."
"We only had an overnight stay, but being on the N2 close to PE and Grahamstown makes it a lovely place to stay with easy access to Addo and we enjoyed the zipline at Addo Adrenalin as well."
Addo-olifantpark, Greater Addo
Lenmore Chalets, Restaurant, Deli and Bakery"Sal beslis terugkom hiervoor. Ons gids, Simni, het ons verwagtinge oortref met sy kennis, gemaklikheid. Die Cattle Baron se kos was ook van die boonste rakke. 'n Wonderlike ervaring. "
Addo-olifantpark, Greater Addo
Addo African Home, Restaurant and Safari"Baie mooi. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Cannonville was nog altyd een van ons gesin se gunstelinge. Dit is heerlik rustig met fantasties voëllewe. Gerieflik naby aan Addo sowel as PE."
Addo-olifantpark, Greater Addo
Addo African Home, Restaurant and Safari"Mooi park. Baie diere gesien. "
"Addo-olifantpark is die groot aantrekking. Dit lyk nie of daar samewerking is om die dorpie self meer aantreklik te maak nie, maar Wild Africa was 'n aangename verrassing. Hopelik is dit 'n voorbeeld wat nagevolg sal word."
"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Situated on the banks of the Sondagsrivier, close to a popular pub for lunches and with a shopping centre in close proximity."
"'n Dorpie op die walle van die Sondagsrivier waar 'n mens veilig voel! Die Grunter's Bar net oorkant die straat bied besondere goeie spyskaart vir 'n kroeg! Verder is dit binne minute se ry van die Mathyolweni-hek van Addo Olifantpark. Voorwaar 'n juweel wat ons ontdek het en wat ons sal aanbeveel en na sal terugkeer in die toekoms. "
"Die Sondagsrivier wat daar deurvloei is regtig baie mooi en die riviermond is ongelooflik mooi. Vriendelike, gasvrye mense."
"Naby PE, teenaan die Addo park. Ons het net te min tyd gehad om alles te doen, sou graag die duine wou aandurf."