Geverifieerde Resensie
Greyton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greyton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 657 resensies.
"Die natuurskoon, staproetes en fietsroetes is asemrowend. Verder is die dorpie se restaurante iets uitsonderlik. Die veiligheid het ongelukkig ook hier opgeskerp geraak vanweë baie inbrake ens. So jammer!(Ons leef maar daarmee saam.)"
"Greyton shuts down on a Sunday. Possibly look at more options for Sunday evening dinners to stay open."
"Ongelooflike klein dorpie vir 'n wegbreek. Probeer beslis The Post House Hotel se kroeg. Jy sal beslis wil trek na dié klein juweel."
"Dis 'n naweekdorpie. Ons was op 'n Dinsdag daar. Baie restaurante en sommige winkeltjies gesluit. Nogtans 'n heerlike, rustige dorpie. "
"Greyton is een van daardie "moet" bestemmings op jou reis-lysie! Die dorpie gee daardie knus en warm gevoel. Ons het heerlik gekuier ten spyte van die baie reën en die windstorm."
"Greyton is 'n prentjiemooi dorp, groen, omring met pragtige berge en baie pet-friendly! "
"Greyton is 'n dorp wat altyd 'n besoek werd is, ongeag die seisoen. Die jaarlikse Klassieke musiekfees in Mei bly 'n hoogtepunt op die kalender!"
"Unieke plekkie vir iemand wat sommer net rustig deur 'n plattelandse dorpie wil ronddwaal. Tydens 'n vorige besoek was ons baie beïndruk met die nabygeleë Genadendal sendingstasie/museum. Ons was wel bietjie teleurgesteld met die agteruitgang van Genadendal en vertrou dat die verantwoordelike mense die nodige stappe sal neem om die juweel weer met reg te kan bemark. "
"Wonderlike plek met wonderlike atmosfeer wat ek enige tyd sal aanbeveel. Ek sal weer en weer soontoe gaan."
"Ons sal beslis weer Greyton toe gaan om 'n paar ander eetplekke te besoek en die omgewing te verken."
"The Saturday market is really a highlight. The coffee shops and restaurants chatter for all needs. The seasonal art, flowers shows etc. draw many to Greyton. It is an eccentric and beautiful town with so much character. The peaceful natural surroundings, happy dogs and friendly residents make visitors feel welcome."
"We fell in love with the town and the close proximity of what has now become our favourite restaurant, Abbey Rose and our favourite spot to end the night at, 1854! The locals made us feel welcome from arrival to departure. Definitely a town we will return to as well as recommend to friends and family. A true gem only a stone throw away."