Geverifieerde Resensie
Grimbeek Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Grimbeek Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 24 resensies.
"Die Ou Grimbeek Huis is iets om te beleef. Rustige atmosfeer met eksklusief klassieke musiek en 'n waterfontein. Persoonlike aandag deur die eienaar, baie smaaklike kos. Wyn is duur."
"Rustige, stil woonbuurt 'n hele entjie vanaf die sakesentrum van die dorp en restaurante af, maar ook naby vulstasies en winkelsentrums vir noodsaaklike aankope."
"Rustige en pragtige omgewing. Ek neem aan die tuin van Eden uit Bybel se tyd is hier naby."
"Baie netjiese, veilige woonbuurt. Bietjie uit die middedorp, so rustig deur die nag. Sal definitief weer daar slaap."
"'n Rustige area, net 'n klipgooi weg van die besige middedorp. Naby genoeg om gou iets te gaan koop, maar ver genoeg om geen stadsgeluid te hoor nie."
"Baie stil buurt. Geen lawaai en daar is voëls in vroegoggend waargeneem. Sowaar 'n spog buurt."