Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 621 resensies.
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."
"Oulike dorpie met heelwat om te besigtig en te beleef. Die Pienk Padstal en natuurlik die Augrabies-valle was ons hoogtepunte."
"Nooit besef die omgewing is so mooi nie. Beplan gerus om langer te bly. Die Augrabiese Watervalle was asemrowend, al was die watervlak baie laag."
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep. "
"Moenie van KalahariVleishuis se Flip se Rib vergeet nie.Ook vriendelike ontvangs daar. Oranjerivier Wynkelder se ontvangs dame kon miskien bietjie meer behulpsaam gewees het. Ook meer entoesiasties."
"Die padstal is a must visit. It is a very quaint town. With a nice farm-style feel. Orange river wineries. Riemvasmaak is close by and a must visit. Augrabies falls is a must stop!"
"Nie veel in die omgewing om te sien of te doen nie, maar lekker stop op pad erens heen."