Geverifieerde Resensie
Grunau
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Grunau bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 20 resensies.
"Die ideale oornagplek naby genoeg aan grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië."
"Grunau is 'n beliste stop vir 'n tam reisiger na 'n lang dag op die pad. Dit was heerlik om uitgerus en verfris op te staan en die 2de skof van ons reis aan te pak."
"Grunau is 'n baie klein dorpie in Namibië. Dis ideaal vir mense wat die lang pad tussen Suid-Afrika en Namibië korter wil maak."
"Grunau is dalk klein maar die vriendelikheid van sy mense en die netheid van hierdie klein dorpie was 'n aangename verrassing."
"Dit is die 4de keer in 2 maande wat ek daar oorgebly het, en ek sal elke keer weer daar oorbly. Skoon, netjies, rustig en baie gerieflik."
"Dankie vir die bestuur van Grunau Country Hotel wat Grunau 'n stop-en-oorslaap-dorpie gemaak het en nie meer 'n jaag-verby-dorpie nie. "
"Grunau is die perfekte oornag bestemming wanneer op reis. Dis goed geleë en naby genoeg aan die Vis Rivier Canyon."
"As 'n toeriste-bestemming gee ek dit 3 sterre, want daar is nie baie om te sien in die dorp met net byna 5 huisie en die hotel nie."
"Ongelukkig is daar nie veel vir die toeris om te doen nie, maar is goed vir oornagverblyf."