Geverifieerde Resensie
Hanover
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hanover bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 298 resensies.
"Die dorp Hanover is nie vir toeriste bedoel nie, maar die distrik is die ideale rusplek op die pad tussen Gauteng en Wes-Kaap."
"Alles was mooi, effektief en privaat. Die buitegeboue en aansigte het opknappingswerk nodig."
"An old town that probably had oodles of charm at one point. Still clean but quite run down now."
"Hanover, is 'n baie oulike oornagplek met baie vriendelike mense. Feathers eetplek se kos is baie lekker met vriendelike eienaars."
"Hanover is klein en rustig. Die ideale oorslaapbestemming tussen Kaapstad en Gauteng."
"Daar's niks in Hanover nie. Mooi kerk en gemaklike oorslaap bestemming maar dis dit."
"Hanover itself is a work in progress. But it definitely has huge potential."
"Hanover is 'n baie klein dorpie, maar het veilig gevoel. Was Feathers resturant toe vir drankies en die kos daar het heerlik gelyk. Die diens was vriendlik en was in geheel ’n lekker ondervinding."
"We only stayed one night, but it would be good to have another day to explore."
"Daar is nie veel om te sien nie. Net die pragtige Karoo-sonsopkoms en sonsondergang."
"Baie klein dorpie, nie regtig plek gewees om aandete te gaan eet nie. Maar ons het darem reggekom deur die mense te vra vir plekke. Dorpie baie vervalle."
"Wees maar voobereid vir etes as jy met troeteldiere reis, daar is net een restaurant wat nie diere toelaat nie."
"Hanover is a very run down and neglected town. However, some individuals are trying hard to improve the status and there are some great stays available. Feathers pub & grill is fantastic and well worth the stop."
"Die probleem met motorfietstoer is dat jy beperk is met die hoeveelheid voorrade en gerief wat jy kan inpak. So jy word gedwing om alles te koop in die dorp sodra jy daar aankom. Besigheidseienaars kan gerus besef dat motorfietsgroepe die grootste inspuiting vir die dorp is, want ons kan nie vol koelbokse saamry nie. Alles moet gekoop word. En ons was baie beperk met winkels om vleis en hout en happies te koop. Hanover is verlate meeste van die tyd, maar dit was gepas vir ons op hierdie geleentheid. Die beste deel van Hanover is die stil strate en die kerkklok. Anders is daar nie veel om van te vertel nie."
"Hanover is 'n pragtige dorpie, ou huisies wat jou met nostalgie verwelkom. Dit is nie 'n toeristebestemming nie, maar 'n heerlike oornag dorpie vir reisigers."
"Oulike, klein dorpie. Perfekte halfpad-stop vir die rit af Kaap toe of op Gauteng toe."