Geverifieerde Resensie
Hartbeespoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartbeespoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1092 resensies.
"Baie om te doen. Die dieretuin is duur, maar beslis die moeite werd. Vir die wat nie net wil kuier en besienswaardighede geniet nie, is daar eindelose winkels om van te kies."
"Die hiasinte het oorgeneem en die plek stink na rou riool wat lek. Goeie winkels en restaurante. Paaie is swakker as in baie ander plekke in Noordwes."
"Naby aan Pretoria aangesien ek dringend moes huis toe vir probleem by my huis."
"Nieteenstaande die benarde toestand van die dam (indringerplante) bly Hartbeespoort toegesak deur besoekers. Puik toerismediens ervaar (Jasmyn, Camelion Village, Cable Way, Pretville). Cock & Bull julle rock!"
"The place is fine, it's just that the tar road heading to the lodge is very bad, I think the government should do something to sort that out. "
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"'n Heerlike wegbreek, lekker sentraal. Baie verkillende goed om te doen. Dam, berge, kunswinkeltjies, goeie restaurante en hoë gehalte gholfbane maak dit 'n ideale langnaweek bestemming!"
"The Butchery has the best meat and the Foodzone has the most greatest buns and service."
"It's a place to be for a quite and peace of mind. Really a place go for fun weekend and relaxation."
"Baie lekker bestemming, maar daar moet regtig aandag aan die regmaak van teerpaaie gegee word."
"Altyd 'n wonderlike omgewing vir 'n kort wegbreek. Baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Daar was 'n vreeslike groot party by die dam deur die nag wat eers tot einde gekom het die volgende oggend 06:00. Die geraas het getrek tot by die huise in die kompleks en was enigste rede hoekom ek nie weer akkommodasie daar sal oorweeg nie. "
"Die area het geweldig gegroei in die laaste 30 jaar. Daar is heelwat plekke om te gaan en aktiwiteite om aan deel te neem."
"Nog net zipline en lugballon rit en jagluiperd plaas besoek dan het ons als al in Harties gedoen. Kan nie wag om dit te gaan doen nie. "
"Die Aquarium was 'n groot teleurstelling, die plekkie is baie verwaarloos."
"Ons was redelik sentraal geleë om die draai van lekker restaurante en die dam met pragtige sonsondergange. Ons het wel in die dag deur gery Sun City toe. Maar Schoemansville het vriendelike mense en mooi areas."