Geverifieerde Resensie
Heidelberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Heidelberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 117 resensies.
"Heidelberg het nog altyd 'n besondere bekoring gehad (die omgewing en sy mense ingesluit)."
"Lieflike dorpie, reisigers moet besef die reëls en tye wat in die stad geld, geld nie hier nie. Gaan rus en geniet die dorp en omgewing. Pas aan by die korter winkelure en jy sal weer verkwik voel."
"Baie mooi en skoon dorp. Dis jammer oor die verspoelings na die storm wat hulle gehad het."
"Ek het daar grootgeword en ken die omgewing baie goed. Dit is net vir my hartseer dat die ou plekke soos die kloof self so toe is dat jy nie meer toegang tot dit het nie. Die landmerk van Heidelberg, die stadsaal met sy aardbol, is so toe dat jy nie daar kan ingaan nie en daar is nie meer water in die dammetjie om die aardbol nie. Die weermagbasis het so agteruit gegaan en dit was die trots van Heidelberg."
"Daar is soveel om te doen wat ons by 'n volgende geleentheid sal moet doen. Die klipkerk se binnekant moet nog afgeneem word, onder andere!"
"Het nie baie tyd gehad om werklik die siel van die dorp te ervaar nie. Ons het die nabygeleë Suikerbosrand natuurreservaat besoek en was teleurgesteld met die opvallende agteruitgang daarvan. As Sewende-dag Adventis was die besoek aan Sedaven 'n opbouende geestelike ervaring."
"'n Paar interessante plekkies. Als lekker bymekaar. Baie netjiese dorpie."
"Was net daar vir een nag. Maar sal volgende keer bietjie langer gaan. Van 'n fotografie kant af, kan mens baie mooi fotos daar neem."
"Ons het vir 9 jaar lank in Heidelberg gewoon en dit bly steeds vir ons 'n pragtige dorp en omgewing."
"Heidelberg is 'n baie mooi dorpie. Jammer dat die transport museum nie meer bestaan nie."
"Dis 'n dorpie wat baie ou geboue het en daar is 'n geskiedenis oor die dorp wat ek al opgelees het wat dit baie interessant maak!"