Geverifieerde Resensie
Herold's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Herold's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 211 resensies.
"Het nog nooit op Haroldsbaai gebly buite seisoen nie. Was stil - waarna ons gesoek het."
"Ons is natuurlik versot op Heroldsbaai na jare se verblyf in die karavaanpark. Hierdie was ter wille van 'n familie-byeenkoms en was dit 'n voorreg om weer die spesiale vibe op die strand te ervaar! Natuurskoon baie besonders."
"Baie mooi en lekker strand. Desember is maar oral aan die besige kant, maar nog steeds 'n heerlike bestemming."
"Wat 'n pragtige, weggesteekte juweel van 'n baai. Baie mooi dorpie en goed versorg. Ons land bied soveel. Duttons Cove is 'n heerlike restaurant met wonderlike kos, maar ons sou graag nog 'n opsie van 'n eetplek met 'n uitsig oor die see geniet het. "
"Baie mooi kusdorp. Die tipe plek waarby elke mens gerus ten minste een keer moet bly. Baie naby aan George. So stil en rustig."
"Heroldsbaai is 'n pragtige plek. Ons was daar buite seisoen en dit was heerlik stil. Ons het geen probleem met straatparkering gehad nie. Strand en hele dorpie is skoon en mooi onderhou."