Geverifieerde Resensie
Herold's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Herold's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 211 resensies.
"Dis 'n rustige wegbreekplek om na 'n jaar se harde werk jou energievlakke te kom herlaai!"
"Dit is my nuwe vakansiebestemming. Dis ongelooflike mooi en skoon, en ideaal vir 'n gesinsvakansie."
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Sou lekker wees as daar net 'n klein restaurantjie op die strand was waar mens kon sit en die pragtige uitsig geniet. Dit is regtig 'n pragtige plekkie."
"Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen."
"Heroldsbaai het ons regtig verras. Dit was ons eerste keer daar, maar ons sal van nou af elke jaar soontoe gaan. Dit het 'n beeldskone strand, netjies en skoon. baie rustig en perfek vir 'n wegbreek van die stadslewe. Dis waarlik 'n versteekte juweel!"
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"Dit is jammer daar is nie meer restaurante nie, dis so mooi, maar mens moet ry om ander eetplekkies ens te kan kry, maar pragtig daar!"