Geverifieerde Resensie
Hibberdene
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibberdene bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Daar is alles wat jy benodig sommer in loopafstand, en die mense is ook vriendelik."
"Hibberdene is ook lekker klein en alle aktiwiteite is binne loopafstand. Die kinders het ook die waterwurm terdeë geniet. Die visvang kon beter. Soos gewoonlik het ek niks gevang nie, maar dis nie uniek aan Rockview nie. Ek blameer dit maar op my beperkte ervaring. "
"Die winkeltjies kort bietjie opknap werk. Maar die Jolly Roger was baie oulik!"
"Sukkel om eienaar in die hande te kry as jy 'n probleem het en word nie teruggebel om dit uit te stryk nie."
"Klein Spar en Pick n Pay. Moet na Shelly Beach ry as groter verskeidenheid benodig. Strand volgens permanente inwoners nie altyd veilig nie. Self geen probleme gehad of onveilig gevoel nie. Sal na Hibberdene terug kom."
"Die winkelsentrum het net baie rondlopers wat mens lastig val as mens gaan inkopies doen. Ons het maar op ander roetes ons daaglikse benodigdhede gaan koop."
"Oulike dorpie. Bly om te sien dat die polisie aktief in die area besig is om seker te maak dat als goed verloop."
"Nie regtig baie om te doen by Hibberdene nie. Moes die heeltyd uitry na ander plekke toe. "
"Vir enigiemand wat 'n rustige en ontspanne vakansie wil hê sonder die besige beweging van baie toeriste, karre en winkels."
"The signal for cellphones are very poor. And also the supermarkets don’t stock all the formula milk for babies."
"It's a very nice place to go to Jolly Roger, just walk away from the place, great food."
"Die winkels kort definitief aandag. Ons het glad nie veilig gevoel om inkopies te doen nie."
"Die strand se strome is bietjie sterk, maar die poele voor het dit lekker gemaak vir die klein kinders om in die water te speel."
"Strand en aktiwitete is naby winkels en alles wat nodig is. Geen rondryery is nodig om inkopies te doen of om die apteek te kry nie."
"Die enigste inkopiesentrum is waar die Spar geleë was. Spar was vuil en ons het baie onveilig gevoel met letterlik honderde mense wat daar en by die drankwinkel saamgedrom het. In die algemeen was dit nie 'n lekker vakansie nie en beslis nie waarde vir geld nie"
"Ek gaan al van kindsbeen af Hibberdene toe. Ek is bly om te sien Fifi se vars viswinkel is opgeknap en die Jolly Roger by die strand verkoop lekker kos. Daar is genoeg kettingwinkels. Veiligheid is maar 'n kwessie soos in die res van die land en ernstige misdaad is, volgens oorlewering, 'n probleem. As jy in 'n veilige kompleks kan bly kan jy Hibberdene oorweeg. Dit is redelik goed geleë en is basies aan die begin van die kuspad op die suidkus. "
"Hibberdene is 'n klein plekkie met die nodige winkels vir als wat jy benodig. "