Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1770 resensies.
"Is van plan om in daardie omgewing 'n eiendom te koop. Ek sal enigetyd iemand aanbeveel om daar met vakansie te gaan bly of selfs te gaan woon. Die mense is verskriklik vriendelik en behulpsaam. Rustige area, lieflike see! Pragtige area. "
"Die enigste kritiek wat ek wil lewer is oor die riolering wat (net soos in Hartbeespoort) op die mees ongelëe tye by die pompstasie uitloop. Anders as Hartbeespoort, is die munisipale werkers gou op die toneel."
"Iemand kan dalk maar net bietjie die strand skoonmaak. Daar spoel vreeslik baie seegras en stokke uit, wat dit bietjie ongemaklik maak om daar sambreel op te slaan en die dag daar te spandeer. Verder baie lekker!"
"Ek sou 5 sterre gegee het maar ek was bitter ongelukkig dat Lucien strand nie instandhouding op hulle haainette doen voor die vakansie tye nie. "
"Just a pity the community have not done something about all the rubbish on the beaches. "
"Manaba is sentraal geleë tussen Margate en Uvongo en daarvandaan kan enige bestemming redelik bereik word."
"Loved the beaches. Had a lot of fun exploring all the unusual places in and around Munster."
"Pragtige kusdorpie met fantastiese strande. Die Ramsgate Meander is 'n droom om te stap. Daar is genoeg fasiliteite en winkels om al jou noodsaaklike items aan te spreek sonder om te groot en besig te voel."
"Great entertainment vir die kinders gewees. Baie geleer oor vis en mense was vriendelik."
"Lieflike plekkie, Waffle Huis is 'n moet op jou besoek. Die strande is skoon en pragtig en enige iets wat jy moontlik mag nodig hê is maklik bekombaar."
"Hierdie was ons derde keer in Uvongo. Ons eerste was ons wittebrood, 14 jaar gelede en so 5 of 6 jaar gelede was ons weer hier. Ons hou baie van Uvongo omdat daar 'n hele paar strande in die nabyheid is en sy eie strand is lekker privaat en nie te besig nie. Geniet dit altyd hier!"
"Ramsgate is 'n rusplek, moenie daarheen gaan as jy vermaak wil word deur malls en luukse resturuante nie, perfek vir wegbreek van alledaagse lewe."
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."