Geverifieerde Resensie
Hondeklipbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 325 resensies.
"Net die nodigste is beskikbaar in Hondeklipbaai, doen dus jou groter inkopies voor jy gaan."
"Daar is 'n arrogansieprobleem by van die restaurante. Die dorp is vuil en vervalle."
"Die see en kuslyn is pragtig, maar die dorp self bied nie veel aan vir besoekers nie."
"Best in warmer months. The 50-odd kilos of gravel roadway is a bit off-putting."
"Op die dorp is 'n winkel waar mens die nodige kan koop. Ek sal voorstel dat jy wel jou vleis inpak of klaar koop in Garies sowel as hout as jy graag braai. Daar is vars snoek te koop en ook meer as een restaurant waar 'n mens lekker kan gaan eet en kuier."
"Dit is 'n baie klein en verlate dorpie met lieflike natuurlike besienswaardighede. 'n Plek om te besoek as jy van seekos hou en wil afskakel van die stad se gedruis."
"Ek is mal oor die ongerepte dorpie en die feit dat mens sommer langs die see 'n vuurtjie kan maak en 'n braai kan geniet langs die strand. Sal Hondeklipbaai definitief aanbeveel!"
"Daar is nie regtig veel om te doen, so onstpan doen jy definitief. Dit sal fantasties wees as die pas na Hondeklipbaai geteer is."
"Very poor gravel road to get to Hondeklipbaai. The only shops are about 4 spaza shops, 1 bottle store and 3 restaurants (of which 2 were closed, out of holiday season)."
"Baie besondese klein dorpie. Sal graag weer wil kom besoek, maar sal bietjie langer wil bly om meer van die mense te leer asook die omliggende strande te "explore"."
"Great if you are looking for a quiet, restful place to recharge your batteries."
"Great bestemming, mooi see maar kan meer doen om mense te lok."
"Baie lang slegte gronpad om daar uit te kom en geen selfoon opvangs self al staan mens regonder die toring. Ook nie 'n lekker strand vir swem en honde nie, maar oor die algemeen 'n baie lekker, rustige vakansieplek."
"Die juweelplekkie moet meer bemark word, nee dalk nie, want dan gaan te veel mense soontoe wil gaan."
"Very relaxing location. As stated in the advertising material you really do need to take everything you need. The last 5 km of the road into town needs to be graded."