Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 189 resensies.
"Hopetown se ligging op die N12 tussen die noordelike provinsies en die kus is uitstekend. Die dorp sal beslis 'n beter indruk onder reisigers en toeriste skep as die paaie onderhou word en daar sigbare straatname is vir diegene wat daar aandoen of oornag. Die dorp het groot toerisme potensiaal wat wag om ontwikkel en ontgin te word."
"Soos elke plattelandse dorp is die plek maar verwaarloos en strate in 'n toestand - dankie tog vir ordentlike oorslaap fasiliteite!"
"Klein plattelandse dorpie met gawe mense en nogals mooi natuurskoon. Het ook draai in Orania gemaak, was verras met die dorpie. Die garage by ingang van Hopetown het die heerlikste tuisgemaakte wilds en kerrieskaap pasteie. Ons verkies om die minder bekende agterpaaie te ry en ontdek sodoende juwele in ons land."
"Ons het by 'n oulike restaurant gaan eet, met die naam Die Nektarine, ek moet sê dis oulik, lekker daar geëet."