Geverifieerde Resensie
Hout Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hout Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 225 resensies.
"Sal die bestemming definitief weer in die toekoms ondersteun en dit verseker aanbeveel. "
"Die plek is baie vuil. Die water is ook vuil en vol gemors. Jy sit by die restaurant en eet en kyk na die rommel in die water."
"Waardeer weer die mooi in die lewe. Winkeltjies by die mark 'n belewenis as jy weet waarin jy belangstel en wil doen. "
"As jy in Houtbaai gaan bly, is 'n uitkykpiekniek met aarbeie en sjampanje by Chapman's Peak 'n absulute moet! "
"Ek sal enige tyd terugkeer Houtbaai toe vir 'n vakansie. Dis rustig en daar is heelwat om te doen."
"Baie oulike plekkie. Alhoewel Mariners Wharf sterk aanbeveel word, moet mense die moeite doen om verby te ry en by Snoekies iets te eet – lanklaas sulke lekker seekos geëet!"
"Lieflike restaurante en pragtige uitsig. Lekker naby die lughawe en Kaapstad self. Vriendelike mense en oulike winkeltjies."
"Dit is so ongelooflik mooi daar! Dit voel soms asof jou oë jou bedrieg! 'n Baie netjiese dorp en pragtige omgewing."
"Baie restaurante, skoon en mooi swemstrand, naby alles maar uit die besige stad lewe uit!"