Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 566 resensies.
"Jacobsbaai is lieflik stil en klein, geleë tussen Saldanha en Paternoster, minus al die toeriste. Dit is die perfekte wegspringplek vir 'n Weskusvakansie: Darling is naby vir 'n daguitstappie, middag- of aandete is lekker in Paternoster, en strandbaljaar in Langebaan. Na 'n dag van opwinding in die besiger dorpe is daar niks so mooi soos Jacobsbaai se eie weggesteekte strande en stil omgewing vir ontspanning. 'n Nuwe gunsteling-bestemming."
"Jacobsbaai is my gunsteling-plek in Suid-Afrika, kan nie wag om weer terug te gaan nie."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
"By Jacobsbaai is jy weg van die stad se geraas. Hier vind jy stilte en rus, en kan jy die natuur geniet!"
"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
"Pragtige, idilliese, rustige Weskus dorpie. As jy opsoek is na opwinding en avontuur, miskien nie die plek vir jou nie, maar as jy rustigheid soek en 'n stil plek na aan die natuur is dit perfek. "
"Ons sou graag vir Jacobsbaai 4 sterre wou gee, maar die tekort aan winkels om voorraad aan te vul, asook plekke om by te eet is 'n groot leemte, want 'n mens kan nie elke dag na Saldanha toe ry om inkopies te doen of uit te eet nie."
"Jacobsbaai is baie sentraal geleë ten opsigte van 'n besoek aan die Weskus. Nog ongerep en ter wille van die permanente inwoners wens 'n mens dat hierdie pragtige plek nie oorval sal word deur toeriste nie. Een van die min kusdorpe wat nog nie gekommersialiseer is nie."
"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."