Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."
"Die dorp self is te duur. Net oor dit 'n toeristedorp is beteken nie hulle hoef buitensporig te wees met kospryse ens. nie."
"Ons sal beslis teruggaan. Daar is baie om te sien, maar ons tyd daar was te kort."
"Sal wonderlik wees as hulle die hoofstraat met mooi klippe, groot potte en inheemse plante uit die kontrei kon verfraai."
"Die pad na die sterrewag is nie op standaard nie. Die sterrewag self is baie onnet en word nie onderhou nie."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Swartbergpas 'n belewenis. As jy by padveiligheid hou is daar niks te vrees nie. Sou graag langer wou bly om Prins Albert meer te verken. Ons sal beslis terugkeer om Prins Albert en omgewing beter te wil leer ken."
"Die omgewing mooi, maar behalwe vir die Salt experience is daar nie veel anders om te doen."
"Lekker rondloop en kuierplekke. Museum en Moeder Aarde 'n moet om te besoek. Prins Albert is een van die plekke wat elkeen op sy moet besoek lysie moet sit."
"Daar was nie veel ander attraksies om te sien in die nabye omgewing van Sutherland, wat ons bewus van was nie. Ons was ongelukkig om nie na SALT te kon gaan nie, aangesien dit 'n bewolkte aand was en ons uitgemis het op die uitstappie aangesien dit gekanselleer is."
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Die SALT personeel is onbelangstellend, jy sukkel om uit te vind hoe dinge werk en dan gee hulle nie om of jy 1500 km gery het om te kom kyk nie. Jurg is egter 'n groot aanwins."