Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Perfect little town. Go and see the museum and have delicious breakfast. So much history and beautiful buildings."
"Pragtige dorpie en inwoners doen moeite om besoekers welkom te laat voel. 'n Naweek is te kort om alles te doen en besoek."
"A definite item on one's bucket list! A historical and educational experience/vacation."
"As jy in Sutherland is, gaan kuier vir Jurg by Sterland. Hy doen elke aand sterrekyk wat besonders is."
"Kom al jare in Sutherland. Skoonma bly daar in ouetehuis, sy is 98. Love Sutherland en sy mense."
"Daar is baie meer om te doen as net sterrekyk. Die ou geboue binne die dorp en die Karoo-landskap rondom die dorp kan ewe veel geniet word."
"Het die sterrekyk in die dorp vreeslik geniet asook die toer na SALT. Wil net weer gaan as die planete ook te siene is. Beste tjoppies in die hele land!"
"Very pleasant town to visit in Winter with clear, crisp days and blue skies. The chilly nights are perfect for enjoying the many good restaurants in town."
"The locals are all very friendly and helpful. There are some great restaurants in Sutherland, with Ou Meule serving the best Karoo lamb shank I have ever tasted. The night skies are truly magical, even with the naked eye."
"It's a beautiful place. Time your visit outside of full moon to get the stars at night."
"Dit is 'n pragtige Karroo dorpie met 'n lang geskiedenis. Ons tweede besoek in soveel maande."
"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."
"Gelukkig wil die meeste mense net jaag om by hulle bestemmings te kom, so dan is daar nog 'n paar sulke juwele in ons land vir ons ander mense oor. So bly daar is nog sulke plekke waar jy net kan rustig raak en weer jouself kry."
"Dis ons eerste keer dat ons Prince Albert besoek en ons was aangenaam verras met die plek. Een dag is te kort om deur alles wat die dorp aanbied te kyk - twee volle dae sal dalk ideaal wees."