Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Dit is maar ver afgeleë en mense moet beter ingelig wee oor toestand van plaaspad dat dit nie geskik is vir alle voertuie om op te ry nie."
"'n Dorp wat mens nie moet mis nie. Wonderlike karoomense, sterrehemel, stapstrate, kuierplekke. Sonder 'n besoek is jou lewe armer."
"Merweville is 'n pragtige dorp maar ligging is bietjie moeilik omdat jy spesifiek soontoe moet ry."
"Gaan besoek vir Tjol by sy pub net buite die dorp. Hy is een van daai merkwaardige mense wat gesels baie geniet en omtrent die enigste aanwins in die dorp."
"'n Pragtige dorp met 'n ryk geskiedenis, 'n moet vir elke Suid-Afrikaner om te sien hoe 'n munisipaliteit baie goed kan funksioneer. Lazy Lizard die beste eetplek met tuisgebak vir wegneem. Kort op sy hakke is La-di-dah restaurant met heerlike hartskos. Sluit jou verblyf af met 'n rit oor die Swartbergpas."
"Prince Albert is 'n pragtige dorpie en daar is so baie om te sien en te doen!"
"Lovely but rather out of the way, which is not a bad thing! Friendly people and beautiful houses and gardens."
"Wye vlaktes, helder sterre en doodse stiltes is alles wat my batterye weer laai. Sal weer en weer teruggaan."
"Mooi, klein en skoon dorpie. Plaaslike meganiese winkel was baie behulpsaam. Hulle het voorraad van ’n buiteband gehad om my SUV-voertuig se band te vervang wat stukkend gery was op ’n grondpad. Grondpad vanaf Calvinia na Sutherland baie sleg. Nie aanbeveel vir enige voertuig nie."
"Sutherland is n baie lekker kuier plek met die vriendlikste inwoners. Dis 'n gedeelte van ons land wat regtigwaar 'n moet is om te besoek!"
"A lovely little town in the Karoo. A definite must is the Swartberg Pass - beyond beautiful."
"Baie interessante dorpie om te besoek. Alhoewel dit 'n entjie van die hoofweg is is dit die moeite werd om dit te besoek"
"Jy kan nie alles ervaar in 4 dae nie. Ons sal moet terugkeer om nog te ervaar."
"As gevolg van Covid en die teleskoop wat buite bereik is, is dit nie baie hoog op my lys nie."
"Ek dink Sutherland is bietjie oorskat ten opsigte van toeristebestemming, maar ek sal graag meer tyd daar wil spandeer en verkeerd bewys word aangesien dit so ver weg van die stede is."