Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Pragtige bestemming. Net jammer die droogte is so erg. Hartseer om al die riviere so droog en leeg te sien."
"There's not an awful lot to but there are a handful restaurants in town. Very safe. "
"Dit is baie interessant en as jy nog nie in Sutherland was nie het jy nie SA gesien nie."
"Sutherland is ‘n baie mooi Karoodorp. Die teleskoop en sterre was ‘n belewenis. Ons het ook lekker Karooplaaskos geëet by Oude Meule restaurant. Die dorp is baie mooi skoon en mens voel baie veilig. "
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"S.A.L.T observatory is 'n moet-sien as dit jou interesseer. Ou Meule se atmosfeer en kos is heerlik."
"The only reason to visit Sutherland is to view the large telescope (SALT) but it is a worthwhile and impressive sight."
"Vir seker ‘n plek om te besoek met die sterrekyk-aanbieding in die aand (reël privaat) en ‘n besoek aan SAAO. Dan boonop plaaslike gasvryheid in ‘n besonderse deel van ons land."
"So baie om te sien en doen, gedink twee dae gaan dalk te veel wees, kon maar nóg twee gebly het. "
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"Sutherland is 'n pragtige skoon dorpie met lekker eethoekies, winkeltjies en museums. Daar is ook heelwat blyplek te huur. Die mense is ook baie vriendelik. Dit het 'n interessante geskiedenis waaroor besoekers kan verneem in Jurg, by Sterland Kampering, se lêer wat hy jou in die hand stop as jy daar aankom. "
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Wonderful planetarium, bad gravel road for 20 km out of town or all the way back to Matjiesfontein to the N12."
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"