Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"
"Een aand is te min, moet minstens twee aande oorbly, sodat jy Prins Albert behoorlik kan geniet."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Vir seker 'n plekkie om te besoek! Gaan kyk die sterre by Sterland of die sneeu in die winter. "
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Unique landscape and good for the soul! Tankwa Padstal a must visit for all!"
"‘n Regte egte vriendelike Karoo-dorpie, waar my gunsteling Afrikaanse sepie, Die Boekklub, afgespeel het."
"Dit is 'n baie interessante dorp en die mense is baie behulpsaam. Die museums is goeie waarde vir geld. "
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"Die mense behoort die sterreprag meer aggressief te bemark en so ook die wonderlike vleis en vleisprodukte van die plaaslike vleishandelaar. Ongelooflik."