Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3515 resensies.
"De Doorns is goed geleë vir oorslaap as die Kaap net te ver is van Pretoria."
"Mooiste berge wat tydens sonsopkoms en sonsondergang in die mooiste kleure omtower word. "
"Pragtige wynplase in die omgewing! Eseltjiesrus Donkey Sanctuary 'n insiggewende besoek! Lekker restaurantjies."
Seweweekspoort, Kaapse Roete 62
Aristata Seweweekspoort"A trip through this beautiful area is really worth while. We also enjoyed the drive through the Bosluiskloof to the Gamkaspoort dam - just a pity it was so dry. "
"Twee aande is miskien 'n goeie idee om meer 'n gevoel te kry wat daar aangaan. Daar is wel oulike kunswinkeltjies."
"Montagu is 'n pragtige dorpie en ons gaan beslis weer daar kom kuier. Ons gaan net wag vir die ergste padwerke om klaar te maak."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Ons is mal oor die dorp en sy mense asook die die plase rondom dorp."
"Ceres is 'n pragtige groen dorpie as mens wil rus en ontspan. Daar is 'n keuse van goeie restourante Die tolhuis net buite die dorp op Mitchellspas se roosterkoek is 'n moet. "
"Het daar groot geword, altyd wonderlik. Sal baie graag meer tyd daar wou deurbring. Dit bly 'n heerlike ervaring om deur die strate en die distrik te ry. "
"Pragtige dorpie. Alles is stapafstand. Heerlik geëet by Karoux, by Carol's Pub gekuier, wyn geproe by Lord's Wines en McGregor Wines."
"Calitzdorp is baie sentraal geleë vir besoeke aan die omliggende wynplase, Oudtshoorn en verskillened roetes deur die Swartberge. Alhoewel die dorpie klein is, is daar uitstekende restaurante, geskenkwinkels en gastehuise."
"Calitzdorp is so mooi en die mense is baie vriendelik. Ek en my gesin het ons harte in Calitzdorp gelos."
"Lovely and friendly little town with wonderful wine farms - De Krans is lovely for breakfast as we sat under the vines. "
"Bonnievale is 'n pragtige plattelandse dorpie en baie rustig vir ons wat uit die stad se gewoel kom."