Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3515 resensies.
"Daar is nie so baie om in die dorp te doen nie, maar as jy tyd saam met familie, vriende en jou diere wil spandeer is dit die perfekte bestemming!"
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"De Rust is 'n mooi dorpie naby Meiringspoort en ek wens ek kon langer bly om De Rust te voet of met my bergfiets te ontdek."
"Nie vir almal nie, maar vir my wat hou van rustigheid was dit so lekker. Vriendelikste mense. Heerlike eetplekke met verskeidenheid, kelders met uitstekende port, 'n heerlike kombinasie."
"A quaint Karoo town which we always enjoy and this time we had the bonus of the annual Vetplant fees! So many interesting plants for sale, and amazing characters attending the festival. The town has examples of interesting rural and rustic architecture and it is delightful to wander through the little side streets. And of course visiting the wine farms in the town is the ideal way to conclude a visit!"
"Aanbeveling na Kaalgat. Kudu is erg plaaslik. Net Vrydae en Saterdae oop vir 'n keuse van 4 pizza’s. Diens was interessant! Nie iets wat ek sal aanbeveel vir iemand nie. Slegs twee opsies van restaurante op ‘n Vrydagaand."
"Calitzdorp is redelik vervalle en glad nie die plek wat ons oor die jare leer ken het nie!"
"Very nice place. I loved their antique shops and the hot water pools.The people of Montagu is very friendly ."
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"Lovely town with lots of lovely, affordable places to eat. Our favourite is definitely Strictly Coffee."
"Pragtige kunsgallerye en heerlike eetplekke. Volledige gedokumemteerde historiese staproete. Verskeie ander staptoetes buite die dorp. Pragtige plek. Sal definitief weer moet kom."
"Ceres is 'n pragtige landelike dorpie styf ingewikkel tussen die mooiste berge. Als is waarlik so na aan die natuur daar. Veral nou met die wintersneeu en koue, was dit ideaal."
"Ons is verbaas met hoe baie eintlik in Montagu aangaan. Dit is ook 'n besonderse mooi dorp, met baie om te doen, tussen die verskillende staproetes, restaurante (die Hotel Montagu is 'n hoogtepunt) en die warmwaterbaddens. Dit is definitief die moeite werd om te besoek. "
"McGregor is soos 'n batterylaaier - nie opwindend nie, maar doen sy werk goed. Jy kom met 'n pap battery daar aan en vertrek weer met 'n volgelaaide een. Dit is asof tyd teen halfpas loop op hierdie pragtige plekkie. Ek wil wéér en wéér en wéér teruggaan!"
"Van die besienswaardighede maak net te laat oop. Kon min plekke besoek a.g.v. naweke gesluit. Verder baie mooi plekkie."
"Baie rustige dorpie. Die mense is baie vriendelik. Sal definitief daar gaan vakansie hou."
"Lekker plek, maar nie 'n 5 ster hotel nie, maar dit is nie hoekom jy McGregor toe kom nie."