Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3515 resensies.
Prince Alfred Hamlet, Kaapse Roete 62
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"Montagu is 'n pragtige dorp met 'n heerlike atmosfeer. Interessante plekkies om te besoek, veral Affieplaas met sy lekker handgemaakte plaasprodukte, uitstekende diens en humor op die etikette van die produkte. Hoewel die pad vanaf Ashton na Montagu deur die "poort" onder konstruksie is met twee stop-en-ry punte, is dit die moeite werd om die roete te ry. Ons foto's van die mooi plekke gee baie kuierplek in ons herinneringe. "
"Dis 'n oulike dorp om te ontspan, ook lekker baie wynplase naby en ook Ziplining."
"Montagu is in die middel van die Kaapse Plooi gordel met die mooiste bergtonnels denkbaar. Die argitektuur is oud en pragtig bewaar met etlike historiese monumente. Die omgewing se vrugte en wynplase is pragtige en daar is wonderlike bergklim staproetes om te geniet."
"The drive through Seweweekspoort is an experience not to be missed. Ladismith has a very good butcher who sells excellent biltong!"
"Ry asseblief al die grondpaaie en passe in die omgewing Daar wag 'n nuwe wêreld."
"Montagu is uit en uit een van die beste plekke vir besoekers. Outydse geboue, museums, klein markie, en so meer."
"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."
"The town itself is disappointing. Needs that extra something, however, the region is really beautiful. "
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Ashton is 'n pragtige plek, met gasvrye mense in elke winkel, en Platform 62 was 'n belewenis.Ons sal egter eers weer gaan as die paaie en brûe klaar gebou is."