Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5609 resensies.
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Sleepy little town with some beautiful artistic and food related activities to do. If you want to relax and have peace and quiet, this is the place for it."
"Montagu is 'n lekker dorpie met verskeie goeie restaurante en genoeg winkeltjies om deur te snuffel. "
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
"Alles maak so vroeg toe en nie baie lekker eetplekke om van te kies nie maar anders 'n lekker oorstop dorpie!"
"Baie mooi dorpie gewees en die heerlikste kos by die Gecko Resataurant geëet."
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Just Joey Lodge"Die uitbreiding en ontwikkeling het merkbaar toegeneem in die onlangse tyd. Egter, die stadsvaders sal moet sokkies optrek oor die verkeer en verbeterde maatreels om die toestroming te akkommodeer. Minder politiek en meer werk! "
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Charmaine het ook vir ons verduidelik waar om inkopies te doen en die dorp lyk mooi en skoon en die winkel is ook goed."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Dit is baie besig en mense ry soos mal goed. Besigheidsbesoek is okay, vakansie, nee wat."
"Worcester is seker die skoonste dorp wat ek al ooit besoek het. Mense is besonders vriendelik en gasvry. Ek het my hart daar verloor en sal more trek as ek kan."
"Ongelukkig nou baie droog en natuurlik afgeleë. Nie te veel om te doen, maar baie tyd om te rus."