Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5609 resensies.
"Die padwerke in die dorp maak dat alles onder stof is en die plek lyk maar 'n bietjie vaal. Ongelukkig is die water by Avalon Springs ook nie juis warm vir dagbesoekers nie."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Sal graag daar eendag wil kom woon. 'n Pragtige dorp met baie natuurskoon. Net een woord... hemels."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Caledon Villa Guest House"Baie lekker restaurante, galerye, winkels. Heerlik om deur die strate te kuier met die pragtige ou geboue en bome. Spesiaal."
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"Baie mooi dorpie. Perfek vir iemand van die natuur hou. Perfek vir iemand vat 'n stil wegbreek wil hê."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Eldorado Self-Catering Country House"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Pragtige wynkelders om te besoek. En 'n Melissa's om by te gaan eet. Heerlik!"
"Pragtige plattelandse dorpie en die donkies is 'n bonus. Gaan besoek gerus Eseltjiesrus."