Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5609 resensies.
"Stellenbosch and surrounding area offers so much to do, that there is never enough time, but one can always go back for another visit."
"Wat 'n pragtige dorpie - vol geskiedenis en baie om te ondersoek en te beleef! Volgende keer bly ons langer!"
"Vriende van my was die Vrydagaand so byna gekap by Klapmuts as hulle nie oplettend was nie so dis 'n bietjie sleg!"
"Ashton has always been the ideal location for me when I need to get away from the city. There is a lot to do in the surrounding areas. It is fantastic."
"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Tin House"Jammerte dat wetgewing wynplase in die Swartland streek forseer om teen 14:00 toe te maak op naweke (mag nie dan meer drank bedien nie). Dit is tog die hoof aantreklikheid vir toeriste wat dan moet wonder wat om met hulself te doen vir die res van die dag. Ek dink dit kelder beslis die toeristebedryf waarop ons land so staat maak."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Obiekwa Country House"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
"Alhoewel Robertson 'n klein, plattelandse dorpie is, is dit in 'n lieflike omgewing en vir ons stadsjapies 'n welkome ontvlugting van die stad se gewoel. "
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
The Royal Hotel"Pragtigste dorpie ooit! Sal enige tyd weer besoek."
"Daar is baie te doen rondom Ashton, want Robertson en Montague is ook sommer naby. Selfs Swellendam is net om die draai."
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Rivierbos Guest House"Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!"
"Very convenient for a wine route visit incorporating Paarl and Stellenbosch."
"Deur die week is die dorpie maar stil, maar vanaf 'n Vrydag kry die plek nuwe lewe."
"Daar is heelwat te doen in die omgewing met al die wynkelders om te besoek en staproetes, veral die een in die natuurreservaat. Dit is ook naby McGregor wat 'n interessante dorpie is om te besoek. Die enigste nadeel is die erge hitte in die somer."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Dennehof Cottage and Suite"As jy van goeie wyn en olyfprodukte hou, is dit 'n baie goeie plek! Baie te sien en doen in omliggende plekke soos Darling .Toffiefabriek, kaasfabriek, bierbrouery en wynkelder. Heerlike eetplekkies. "
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Church Hills Boutique Guest House"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Dis 'n lekker plek. Het ongelukkig nie genoeg tyd gehad om die meeste daarvan te maak nie."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
The Red Tin Roof"Baie om te sien - Allesverloren wynproe 'n moet!"
"Sal weer teruggaan, want ons tyd was te kort om alles te kon gaan sien in die omgewing."