Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3903 reviews.
"Pragtige dorp en omgewing. Gaan maak gerus 'n draai by Meg en Steve by @ The Courtyard Restaurant vir die lekkerste ontbyt en aandetes."
"Worcester is 'n pragtige plek om te wees met sy groen plantegroei en die hoogste bome en die uitsig oor die dam is asemrowend."
"Die rustigheid kruip in jou siel in tot in so mate dat jy nie kan help om 'n bietjie daarvan weer huis toe te vat nie."
"Kan verstaan hoekom studente so graag daar studeer! Skoon en netjiese dorp!"
"Hopelik sal meer interessante eetplekkies en winkeltjies die lig sien in die toekoms. Heerlike wegbreek uit 'n besige samelewing."
"Worcester is nog lank nie ten volle deur my ontdek nie. Ek dink daar is nog juwele wat ek nie gesien of besoek het nie, soos die Kleinplasie Mark, en al die tweedehandse en antieke winkels op die dorp. Ek is van 'n baie klein dorpie in die Overberg, en dus is Worcester so naby aan die stad as wat ek kan kom. Alles is daar binne bereik van elkeen. Die Mountain Mill Mall is uitstekend en ongelukkig kan mens nie leë hande daar weggaan nie."
"Baie gerieflik, sentraal geleë vir besoek aan wynplase en ander besienswaardighede, Stellenbosch het ook 'n rykdom van plekke om te besoek en menige goeie topklasrestaurante."
"Best place to visit if you like a lively vibe. The students make the place a happy place and the restaurants and pubs are endless. Awesome wine routes are easily accessible."
"Omringende berge en die natuur gee daardie waardering om die Boland in rustigheid te kan geniet en spesiale tye te koester."
"Baie van die inligtingsbrosjures is outdated, en plekke bestaan nie meer, of nuwe plekke word glad nie gelys nie."
"Paarl is 'n pragtige, netjiese plek met baie besienswaardighede. Sal enige iemand aanraai om die Paarl te besoek."
"For a fantastic MCC tasting, with loads of information on MCC you have to pay Karen a visit at Silverthorn."