Geverifieerde Resensie
Kaapsehoop
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kaapsehoop bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 235 resensies.
"Sal weer terug gaan Kaapsehoop toe. Die plek het sy eie bekoring en ek was aangenaam verras. Dit is 'n must go to plek op jou bucket list. "
"Pragtige dorpie en die mense is baie vriendelik. Sal beslis weer daar gaan kuier. Het dit baie geniet."
"Ons was oor Paasnaweek by Kaapsehoop en die dorpie baie besig gevind. Nogtans het ons dit geniet om die omgewing te verken en die wilde perde te sien. Dit is net jammer dat van die roetes, bv. na Battery Creek Waterval, gesluit was. Hoop bosbou sal die besluit weer heroorweeg en oop stel aan besoekers. Die restaurant tye pas dag besoekers, maar nie vir oornag besoekers wat dalk in die aand wil uitgaan. Gelukkig is daar darem 'n paar plekke oop wat to 8 nm oop blyk."
"Dis een van daardie dorpies wat jy een maal moet besoek. Vriendelike mense. Oulike eetplekke en winkeltjies. "
"Dorpie het al ons verwagtinge oorskry! Dis letterlik soos hulle sê: stresvrye area!"
"Mooi stil en rustige dorpie. Mooi staproetes waar jy die wilde perde kan sien. Pragtige winkeltjie wat oudhede verkoop. Baie vriendelike inwoners."
"'n Juweel van 'n plekkie in die berg met die mooiste natuurskoon en rus en vrede. Nie so kommersieel soos die baie ander klein plekkies nie."
"Oulike plekkie. Verfrissend anders. Dierbare mense. Ek het die perde geniet wat deur die dorp beweeg."
"A lovely quaint little village with excellent dining, energetic yet relaxed and most friendly environment! Really worth the visit - certainly looking forward to our return visit in the near future."
"Kaapsehoop is `n pragtige dorpie met baie oulike winkeltjies en restaurante. Dis heerlik om deur die dorpie te stap en nog lekkerder om die berg uit te loop en van die uitkykpunt af die laslappiewêreld daar onder te sien. Die natuurskoon, die outentieke gevoel van die dorpie, alles is net te pragtig. Nota aan self: onthou `n groot hoed en sonskerm volgende keer wanneer ons gaan stap!"
"Kaapsehoop is a lovely destination for a night or two. Reasonably close to Kruger Park, and a lovely drive to get there from the N4. Seeing the wild horses wandering through the village and surrounds is a real treat. We were there on a Monday and the only downside was that many places were closed."
"'n Unieke bestemming vol klein verassings wat kort-kort opduik. Die mense is vriendelik en hoflik. Ons gaan al baie jare soontoe vir 'n wegbreek van die gejaagde Gauteng-lewe. Ons wens net meer kan gedoen word om die kosbare geskiedenis wat die dorpie vol lê te bewaar. Dit is 'n bestemming wat in jou hart inkruip en jou laat terugkom vir nog ervaringe."
"Oulike klein dorpie met verskeie staproetes om al die spinnerakke van die stad weg te vee."
"Ek hoop om te sien dat die dorpie in die toekoms groei as 'n toeristebestemming."
"Lekker wegbreekplek om te ontvlug van die stadgewoel, heelwat om te doen en te ervaar met aangename eetplekkies."
"Die dorpie benodig 'n bekende supermark soos Spar of groot Kafee. Nelspruit te ver vir proviante."