Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Dit is een van die mooiste kusdorpe, met die beste restaurante meestal binne loopafstand. Kuier gereeld in Blouberg."
"Natuurlik is dit 'n besienswaardige area. Bloubergstrand bied 'n pragtige uitsig oor Tafelberg, daar is baie om te sien en te doen. "
"Om by Kommetjie te kom vereis dat mens deur 'n groot informele nedersetting ry (tensy die lang ompad gevat word). Dit was vreedsaam toe ons verby is, maar volgens wat ons verneem kan dit soms onveilig wees om daar deur te ry. Die meeste van die plekke in die area maak vroeg toe, so as mens vakansie hou moet jy daarvan bewus wees anders gaan jy dalk sonder aandete sit! Ongelukkig was ons nie lank genoeg daar om regtig te verken nie, maar dit is 'n pragtige area en baie rustig. Vir seker 'n plek waar mens se siel kan rus en kunstenaars kan inspirasie kry. "
"Baie goeie ligging. Durbanville is bekend aan ons en ons beweeg baie rond daar."
"Baie mooi area, en baie stil. Ligging baie toeganklik tot verskeie fasiliteite. Prag ou bome. "
"Die strande is skoon, die stapareas netjies en ook gereelde veiligheidspatrollies te sien. So baie mense stap of draf alleen en skep 'n ontspanne atmosfeer enige tyd van die dag. Wel gedaan Bloubergstrand!"
"Houtbaai is absoluut "magic" met 'n unieke karakter en 'n groot variëteit van verskillende natuurtonele. Ek dink die nou kronkelpaaie wat gevolg moet word om daar uit te kom is 'n bedekte seën anders sou die plek oorstroom word."
"Noordhoek is definitely a beautiful green area, we had both sea area as well as beautiful woods and forest atmosphere that makes Noordhoek a desired destination as it contains a bit of both."
"Strand is looking stunning with their new boardwalk and the beach looks clean and maintained."
"We really had a nice break. We were close to everything. Unit had the most beautiful view. It is really a place that I will visit again."
"As a European tourist, you must get used to African street life. The unavoidable beggars are a bit annoying."
"Die area is baie stil met lieflike winkelsentrums in die omgewing - 'n hele paar om van te kies. Dit was baie veilig."