Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Soos met enige plek is daar maar areas wat 'n mens nie gemaklik laat voel nie. Maar soos jy die plek bietjie leer ken, weet jy waar om wat te kry in 'n omgewing wat vir jou gemaklik is."
"Dit is slegs 'n plek vir buitelanders, pryse is belaglik en jy voel geroof. Dit is ook raserig en heeltemal te besig. Paaie kan nie die hoeveelheid besoekers hanteer nie."
"Heerlike swemstrand daar. Lekker yskoue water om in af te koel vir die dag. Meer privaat op sy eie."
"Die omgewing is sowat 15 km buite Kaapstad, wat dit baie meer stil en gemaklik laat voel. Jy kry 'n klein dorpie-gevoel, maar al die voordele van die stad is net om die draai. Die strand was stil elke keer wat ons dit besoek het. Dit is 'n bestemming wat ek met gemak aan enige iemand sal aanbeveel."
"Ongelooflike vakansiebestemming met die mooiste uitsig op Tafelberg en strande. "
"Bellville is ver vanaf Kaapstad self as gevolg van die swaar verkeer op die N1. Die voordeel is weer dat dit weg van die besige dele is."
"Dit is baie goed vir toeriste, maar die verkeer sal my na drank dryf ... As 'n mens op vakansie gaan, wil jy reeds van die verkeer af wegkom."
"Die middestad is fantasties. Dit is maklik om rond te beweeg met die MyCiti-busdiens, daar is hope om te sien en doen en dit was verbasend veilig! Parkering is bietjie van probleem."
"Dis net so naby die berg, die mense is wonderlik en daar is 'n warmte wat nie met geld gekoop kan word nie. "
"Die tydperk wat ons in die Strand was, was dit baie rustig en dit was presies wat ons nodig gehad het. Die kinders het die lekker warm seewater baie geniet."