Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Parow is an excellent place, the view is breathtaking, transport connecting to other place is available, it is a beautiful place."
"Dis loopafstand van die kompleks geleë en daar is iets van alles by die Waterkant. Die Waterkant is 'n moet sien vir enige besoeker. "
"Baie skoon, sien nie papiere of enigiets wat rondlê in Kusweg en op sypaadjies nie. So anders as vele ander dorpe en stede."
"Die Strand is sentraal geleë en van hier kan jy baie plekke bereik, maar in die Strand is daar ook heerlike resturante. Almal was baie vriendelik. Dit was lekker."
"Durbanville is geleë naby 'n hele paar wynlandgoedere. Die Tygervallei Mall is ook naby en daar is baie lekker eetplekkies in Durbanville self."
"Pragtige dorpie en goed geleë met Simonstad, Kalkbaai en Muizenberg naby om te besoek. "
"Baie goeie ligging veral ten opsigte van vervoerroetes, winkels, strand en toerisme attraksies wat naby is."
"Ons gunsteling vakansieplek. Alles binne loopafstand en heerlike eetplekke. Inkopies gerieflik naby."
"Groot winkelsentrum. Onderdak parkering. Pragtige berguitsig vanaf die suidekant. Binne loopafstand van Langstraat en die Kompanjietuine, ens. Goeie toegankllikheid tot die gebou."
"Goed geleë naby sport (Nuweland krieket / rugby). Naby Kaapstad en dan ook om sê Houtbaai toe te gaan. Goeie restaurante in omtrek."
"Vishoek is 'n baie lekker plekkie vir vakansie. Dit is 'n baie vriendelike dorpie. Dis 'n moet om 'n vissie by die mark te gaan koop."
"Very clean and serene. Very up market and beautiful. Felt safe and at ease, especially at night."