Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Kaapstad bly die mooiste bestemming in Suid-Afrika. Net die plakkerskampe wat oornag ontwikkel en mense wat op straat bly raak 'n groot veiligheidsprobleem."
"Dink dit is uitspattige pryse vir 'n Suid-Afrikaner om plekke te besoek. Pryse vir toeriste-aantrekkings kan regtig aangepas word vir Suid-Afrikaners."
"Tydens ons besoek was dit koud en het dit gereën en het ons nie die stad gaan besoek nie, maar ek moet sê die stad is skoon en die paaie word onderhou en daar is baie vriendelike mense."
"Kaapstad is steeds 'n pragtige stad, maar word ongelukkig toenemend ontsier deur onwettige plakkery langs openbare roetes."
"Bly maar net die mooiste en vriendelikste stad. Ja hy het sy seer ook, met al die hawelose mense, maar selfs met hulle kon ek 'n vriendelike geselsie aanknoop, en hoop ek regtig ons Moederstad kan die probleem ook sinvol aanspreek."
"Die kilometers en kilometers vuil en onnet plakkersbuurte weerskante van die N2 doen afbreek aan Kaapstad as 'n toeristebestemming. Dit raak soos Rio de Janeiro en Mexico-stad."
"Glad nie so "wow" soos mense dit uitmaak om te wees nie. Oral is bedelaars en plakkerskampe. Die verkeer is ongelooflik sleg en mense bestuur regtig soos idiote."
"Bly 'n voorreg om Kaapstad te besoek - soveel besienswaardighede. Ons het die rooi bus ook baie geniet."