Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Baie om te doen en plekke om te sien. Maar besig en soms stresvol om daar te wees as gevolg van die baie verkeer en die onbekende soos hull nou sal sê."
"Seepunt is 'n heerlike kuierplek en die mense is baie vriendelik en gasvry. "
"Veiligheid is soveel beter as Pretoria. Voel asof mens kan asemhaal daar en net lewe."
"Kaapstad-area bietjie "te besig" vir plattelandse mense soos ek. Misdaad aan die toeneem in Kaapstad area, soos ek verneem, hoewel darem nie self misdaad ervaar tydens ons toer nie."
"Puik bestemming, regdeur die jaar. Hierdie keer het Kaapstad vir ons gepronk in sy pragtige rooi, oranje en geel herfsbaadjie. Die dag was blou lug, geen wolke en windstil gewees, dus kon ons Houtbaai gaan besoek, heerlike vis, calamari en chips geëet by Mariners wharf en toe die meeue gevoer op die Houtbaai visserboot kaai. Onverbeterlike ervaring gewees."
"Kaapstad en omgewing het baie dinge wat jy kan doen, dit sal goed wees as die mense wat in die strate slaap, verwyder kan word."
"Daar is plakkers oral langs die pad op die vreemdste plekke. Bo-dorp is baie mooi. Two Oceans Aquarium baie interessant."
"Moet glad nie die megapass koop nie, jy word soos 'n lae klas mens gehanteer by meeste van die plekke."
"Strande is bereikbaar en jy kry jou daaglikse oefening. Vakansiegangers is vriendelik. Kaapstad is netjies en veilig om rond te beweeg. Lekker eetplekkies beskikbaar so jy kan kies en keur."
"Besoek die stad gereeld. Familie woonagtig in Kaapstad. Verkeer 'n uitdaging - egter nie so erg as rit(te) vooraf beplan word."
"If only the whole of South Africa was like cape town! Beautiful, clean and warm! There is no place in SA like it!"