Geverifieerde Resensie
Kakamas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kakamas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 188 resensies.
"Heerlike kos geniet by die Pink Padstal. Dit is 'n moet kuier by die vriendelike mensies en is baie interessant."
"Oulike dorpie met heelwat om te besigtig en te beleef. Die Pienk Padstal en natuurlik die Augrabies-valle was ons hoogtepunte."
"Was baie beïndruk toe ons na ses jaar weer Kakamas besoek het en in die tussentyd 'n KFC en OK opgerig het. Besoek gerus OK, dis 'n netjiese winkel om inkopies te doen."
"Ons was net by die Augrabiese watervalle, daar was nie baie tyd om Kakamas te beleef nie. Volpunte vir die vriendelikheid en gasvryheid wat ons in die kort rukkie wat ons by plekkies was, beleef het. "
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"
"Lekker om daar deur te ry. Mense langs die pad is vriendelik. Groot winkel was oop en hy verkoop alles. Het op die brug gestop en oor die rivier uitgekyk."
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."
"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"
"Die omgewing is mooi in die somer, maar die dorpie self is nie 'n treffer nie. Miskien het ek te min tyd daar gespandeer."