Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2314 resensies.
"Kalahari is pragtig met sy eiesoortige mooi, unieke mense en 'n plek om te ontgin en te beleef."
"Die dorpie het maar baie agteruit gegaan wat maar oral tans gebeur maar daar is definitief die nodigste winkels tot jou beskikking. Ons ook deur gery Kakamas toe en selfs Kanoneiland om die dorpies bietjie te gaan verken."
"Altyd 'n aangename plek om te besoek. Die mense daar is baie vriendelik!"
"Ek maak seker om by Keimoes Padstal aan te gaan as ons net naby verbyry. Wat baie insiggewend sal wees by Keimoesgastehuise is statistiek en algemene agtergrond van die vrugte, wyn en boerderybedryf en sonkrag van die omgewing. Ek vermoed dit is indrukwekkend."
"Die Oranjerivier se proelokaal is 'n baie lekker uitstappie, Saterdag die Upington Parkrun gedoen, baie mooi roete."
"Mooi skoon dorp, uit vorige ervaring. Laat aangekom en vroeg weer gery. Was net bedoel vir oornag op 'n lang pad."
"Mooi en bekoorlik. Uitgestrektheid en verskeidenheid om elke draai. Mense is gasvry en hartlik. Die stilte is balsem vir die siel. Die afdakkies en piekniekstoppe met sementtafels langs die pad is een van ons hoogtepunte."