Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1940 resensies.
"Die Kalahari is 'n pragtige omgewing met ongelooflike landskap en natuur skoonheid. Dit is beslis 'n omgewing wat meer gereeld besoek behoort te word en te waardeer word."
"Pragtige en rustige omgewing waarin ons werklik tot rus kon kom. Beveel beslis aan."
"Probeer asb. mense wat rommelstrooi langs loopareas vasvat, skande hoe party mense die pragtige omgewing bemors!"
"Songeisers kan bydra tot kragbesparing met soveel heerlike sonnige weer."
"Was heerlik om rustig buite te kon sit en die sterre te bekyk en die naggeluide te kon hoor. Upington is 'n mooi plek en goed gelee op pad na die Augrabiese watervalle om te oornag."
"Dalk 'n opsie as oornagbestemming op pad Botswana toe of om te jag in die omgewing."
"Vriendelike personeel wat mens tuis laat voel. Baie dankie aan almal."
"Ons het Kakamas baie geniet. Daar is baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Noord-Kaap is 'n onontdekte juweel sonder aanstellerige vakansiegangers, hoop dit bly so."