Geverifieerde Resensie
Kanoneiland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kanoneiland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 26 resensies.
"Ons het net bietjie gesoek na die plek, sal goed wees as hulle dalk meer rigtingaanwysers aanbring."
"Baie interessant dat daar wyn/drywe wingerde groei, 'n mooiheid op sy eie."
"Die begraafplaas in haglike toestand. Die mense van die eiland se voorouers lê daar begrawe en niks word gedoen om dit netjies te hou nie. Grafstene word beskadig. Skande."
"Kanoneiland oor die algemeen is 'n mooi area, én Oranjerus waar ons uiteindelik oorgebly het. Dit het lieflike grasdakkamers en 'n restaurant met 'n dek oor die Oranjerivier."
"Dit was 'n heerlike ervaring om so tussen die groenigheid te ry. Dis baie beslis 'n besoek werd."
"Ons kon langer daar bly aangesien daar baie is om te sien in die omgewing."
"Kanoneiland is nie 'n spesifieke toeriste attraksie nie, maar dit gee vir jou 'n baie goeie blik op die lewe en boerderyaktiwiteite van die bewoners van die Oranjeriviervallei. "
"Het net oorgeslaap, dus nie tyd gehad om dorp te besoek nie."