Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase. "
"Joubertina is 'n klein dorpie met interessante plekkies en mense. En natuurlik die pakstore waar jy kan vrugte koop."
"Na die reëns is almal positief en vriendelik. Meeste geboue is pragtig opgeknap. Op die oomblik is die plante en bome in en om Graaff-Reinet in 'n puik toestand. Die dam in die Sondagsriviervallei het weer water!"
"The place to be if you want peace or just a place to stay over on your trip somewhere else."
"Richmond is baie interessant, spesifiek die dorpsmuseum. Die MAPSA-uitstalling ─ moet dit nie misloop nie. "
"Bruwer het ons meer vertel en gewys van sy passie vir kitaar maak, dit was baie leersaam. Dankie Bruwer vir al die inligting."
"Mal oor Prins Albert - keer telkens terug! Was ook lekker om die park run te doen en die projek te beleef wat die kinders uit die gemeenskap by park run betrek. "
"Nie eintlik tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal baie graag wil teruggaan en meer tyd spandeer."
"Only giving 4 stars because we didn't have time to really explore around Willowmore, but what we did see, we loved, and will be back hopefully! "
"Dit is 'n oulike plattelandse dorpie wat die meeste mense net verby ry. Ek beveel aan mense moet moeite doen en in die dorp in ry. Daar is baie oulike eetplekke ens. "
"We previously stayed at Bfw Karoo National Park, with totally different experience."
"Pragtige, unieke kunsdorp, beeldskone natuur, rustige omgewing met vriendelike mense. Baie meer om te sien en doen as wat ons verwag het. Volgende keer bly ons langer."
"Besoek vir seker die Chris Barnard museum. Jy kan ook die Karoo-natuurpark vanuit die verblyf in Beaufort-Wes besoek."
"Die grootste aantrekkingskrag van Beaufort-Wes vir ons is die nabygeleë Karoo Nasionale Park. Ons lê ons toe op die fotografie van voëls, naaldekokers en skoenlappers en soek graag die spesies wat eie is aan die Karoo habitat. Die park se akkommodasie is egter heeltemal te duur om daar oor te bly, gevolglik beplan ons die reis so dat ons die hele namiddag van ons aankoms en die voormiddag van die volgende dag in die park kan deurbring voordat ons verder reis. Biffie's Cottages het vir ons 'n bekostigbare akkommodasie-alternatief gebied. "
"72% full when we stayed in Jan 2020, wonderful to see the tall green grass and so much water."