Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Ek dink soos enige ander plek is Beaufort-Wes ook maar aan die verander en is daar te min doendinge."
"Dit is 'n pragtige, skoon dorpie. Ons het veilig gevoel en kon alle benodighede maklik kry. Die Camdeboo Nasionale Park was beeldskoon."
"Op sig self lyk dit nie na veel nie, maar dis ideaal as jy daar vir een aand oorslaap en by die Karoux eet. Absoluut 'n versteekte juweel."
"Heerlik en rustig. Moenie net deurry nie, maak dit 'n bestemming."
"You cannot go to the Karooo without understanding its relevance and importance as a significant depository of early lifeforms, faithfully preserved in the Karoo's fossil record. Attending the outing from the Kitching Museum is a must for anyone - even with only a passing interest and knowledge of fossils and the important role The Great Karoo plays in showcasing these amazing early life forms - predating the early dinosaurs by at least 50 million years. Another visit which is recommended is the enlightening private talk and showcase of fossils in Ganora - a farm situated a short way out of town."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Bell House Akkommodasie"Beautiful area and very peaceful. There is a nursery close to the accommodation with a nice restaurant (Blue Lizard) where we had a delicious lunch, it also had a small deli where we could buy some nice treats and other food items."
"Graaff-Reinet is 'n mooi, skoon en onderhoude dorp. Veilig en rustig. Al die straatligte brand en die Groote Kerk is pragtig."
"As jy klaar deur die winkeltjies gestap het, is daar nie veel om te doen nie. Die restaurante se kos en diens was uitstekend."
"As jy van ou geboue hou en graag 'n dorp soos Prins Albert te voet wil verken sal jy dit geniet. Daar is ook bergklim en ander aktiwiteite. Om daar te kan gaan skilder of skryf is vir my droommooi. Maar as groot inkopiesentrums jou ding is sal jy deur Prins Albert ry en dit nie eers raaksien nie."
"Die vloedmuseum is 'n besoek werd. 'n Goeie restaurant/steak house sal 'n groot aanwins vir die dorp wees. Tans is daar net 3 kitskosplekke."
"Die winter is maar koud in die Karoo. 'n Lekker skaapfees sal miskien toeriste kan trek."
"Ek dink nie Beaufort-Wes is 'n slegte toeristebestemming nie. Ek kon nog net nie genoeg tyd daar spandeer om dit te waardeer nie. Ek is gewoonlik net op pad boontoe of ondertoe."
"Wanneer mens inry lyk dit maar soos enige ou dorp wat begin agteruitgaan met ou paaie, ouer besighede en rof-slapers maar wanneer mens 'n bietjie dieper gaan sien mens die ou geskiedenis met pragtige kerke en huisies en oulike B&Bs en restaurante wat mens laat dink aan vroeër jare."
"Ons het net deurgereis en het weer vroeg vertrek. Kan nie regtig kommentaar lewer oor die dorp self nie. Het wel baie lekker by 'n baie aangename restaurant geëet."
"Die heerlikste Karoo-lamstjops by slaghuise te koop! Een van die mooiste kerke! Lekker koffie!"