Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Gariepdam is 'n unieke bestemming, jy kan daar oorbly op pad of lekker uitrus in die rustigheid van die Karoo."
"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."
"Pragtige dorp, 'n moet vir reisigers wat in die rigting gaan. Die hoofstraat kan dalk misleidend wees, besoek die dorp deur oor te bly en beleef al die mooi dinge."
"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."
"Verskriklik warm in die somer. Oulike restaurante. Regte plek vir halfpadstop tussen Johannesburg en die Kaap."
"Ons was by die "Show Room", wat 'n aangename verrassing. Die restaurante en koffiewinkeltjies en galerye is almal die moeite werd. Sal weer hiernatoe reis."
"Mooi plek, vriendelike mense. Verlief op die geelhoutbome, mooi huisies en veral die mooi kerk. Veel meer om te doen as wat eerste indrukke skep wanneer mens die dorp binnekom."
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."